Hengelkliniek saam met Loutjie Louwies!
10 Oktober
Rietvlei Dam
Van jonk tot oud – almal is welkom!
Koste:
Kinders onder 12 – R190
Volwassenes (13+) – R230
Ingesluit: Toegang, Loutjie se aanbieding, ’n Boerie Roll en ’n koeldrank.
Tyd: 09:00 – 15:00
Neem asseblief jou kampstoel, sonblok, hoed, notaboek en ’n koelboks met ekstra eet- en drinkgoed saam. Jou stokke is nie nodig nie. Botteltjies water sal te koop wees.
Belangrik:
REGISTREER EN BETAAL AANLYN - Of betaal sommer die dag by die dam. MAAR DIT IS NOODSAAKLIK OM AANLYN TE REGISTREER
Bespreek jou plek nou:
www.legacyjourney.co.za/events
Of WhatsApp Hilda by 082 383 6364 vir navrae.
Moenie hierdie kans misloop nie – leer by die beste en geniet ’n dag vol pret, visvang en kennis by die dam!
Bepalings en Voorwaardes – Hengelkliniek saam met Loutjie Louwies
1. Registrasie en Betaling:
o Alle deelnemers moet vooraf registreer via die Legacy Journey webtuiste: www.legacyjourney.co.za/events.
o Betaling moet vooraf via die webtuiste gedoen word om jou plek te verseker. Geen registrasies of betalings by die dam self word aanvaar nie.
2. Kansellasies en Terugbetalings:
o Geen terugbetalings sal gemaak word vir deelnemers wat nie opdaag nie.
o In geval van kansellasie van die geleentheid deur die organiseerders (byvoorbeeld as gevolg van weerstoestande of ander onvoorsiene omstandighede), sal die organiseerders na goeddunke die finale besluit neem of ’n nuwe datum vasgestel word.
3. Veiligheid:
o Deelnemers neem deel op eie risiko.
o Die organiseerders, Loutjie Louwies, LLSignature Series, Mytv en Legacy Journey Tours & Events en Rietvlei Dam aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige beserings, verliese of skade aan persoonlike eiendom tydens die geleentheid nie.
o Kinders onder 12 moet te alle tye onder toesig van ’n ouer of voog wees.
4. Toegang en Gedrag:
o Toegang tot die terrein is slegs vir geregistreerde deelnemers.
o Deelnemers word versoek om die terrein en natuur met respek te behandel en geen rommel agter te laat nie.
o Geen alkohol of onwettige stowwe word toegelaat nie.
5. Etiek en Sportmanskap:
o Alle hengelaktiwiteite moet volgens die beginsel van “vang en vrylaat” geskied.
o Die instruksies van Loutjie Louwies en organiseerders moet te alle tye gevolg word.
6. Fotografie en Media:
o Deur deel te neem, gee deelnemers toestemming dat foto’s en video’s van die geleentheid gebruik mag word vir bemarking en publikasiedoeleindes op sosiale media en ander platforms.
7. Veranderinge:
o Die organiseerders behou die reg voor om die program, tye of reëlings sonder vooraf kennisgewing te verander indien nodig.
_edited.png)